Ons stel bekend: Suid-Afrika se eerste enkelgraan- whiskey.
Bain’s Cape Mountainwhisky word op Wellington by Distell se James Sedgwick-distillery gemaak aan die voet van die Bainskloofpas aan die oewer van die Bergrivier.
Die whiskey het sy delikate aroma en besonderse geure te danke aan Suid-Afrika se topgehaltegraan en silwerskoon water wat deur 850 miljoen jaar oue sandsteen vloei.
Dit word twee keer in eikevate verouder en die kenmerkende vierkantige bottels is by voorste drankwinkels te kry vir R150.
