Die flambojante binneversierder David Strauss deel sy Bloubergse huis met Liam, Ben, Balthazar, Frieda en Pablo — en dis net die diere met ’n naam. Maar sy eksotiese dieretuin is ook die tuiste van ’n eklektiese versameling kunswerke, boeke en bakke.